Kopkrapper
Terug na BybelGlo.com
Doodsonde
Woede
God se wil
Fondament
Verlossing: Toe en nou
Doop in 1Petr. 3:21
So tree God tussenbeide
Rol van engele
Toegewyde gebed
Paulus of Matthias?
1 Kor.7:19 en Fil.4:19
Skaduwees
Vergewe mekaar
Intog in Jerusalem
Konflik
Reuse - Gen. 6:4
Liggaam en bruid
Opstanding
Nuwe waarheid
Die losser van Rut
Huwelik
Joh-se-doop
Burgerskap en hoop
Vervangingsteologie
Maar-nou
Gees vervulling
Wat is die wegraping?
Kerk en wegraping
1 Thess. 4:13-18
1 Tim. 3:16
Hemelvaart
Moses slaan die rots
Almal gered
Gawe van geloof
Regverdiging


Moes Paulus in Judas se plek apostel geword het?
  > Is daar ‘n verskil tussen Paulus se bediening en die bediening van die 12 apostels?

> Waarom is Paulus nie van die begin af in Judas se plek gekies nie?

As jy die onderstaande artikel lees sal jy in staat wees om die twee vrae te beantwoord. Dit is ‘n uittreksel uit Die Volle Sekerheid Van Insig deur CR Stam.

DIE TWAALF APOSTELS

Vergelyk die onderstaande nommers met die ooreenstemmende nommer by die bediening van Paulus wat hierna volg.

1. Die twaalf is deur die Here op die aarde gekies (Luk. 6:13).

2. By die bekering van Paulus het die twaalf slegs vir Christus op die aarde geken. Hulle het nie eens gesien hoe Hy die hemel met sy hemelvaart binnegaan nie, want “n wolk het Hom voor hulle oë weggeneem.” (Hand. 1:9).

3. Hulle het die volk Israel verteenwoordig - een vir elke stam:

“Voorwaar Ek sê vir julle dat julle wat My gevolg het, in die wedergeboorte wanneer die Seun van die mens op sy heerlike troon gaan sit, julle ook op twaalf trone sal sit en die twaalf stamme van Israel sal oordeel” (Matt. 19:28; vgl. Luk. 22:29,30).

Oplettende Bybelstudente moet kennis neem dat die getal twaalf geen verbintenis met die liggaam van Christus het nie en dat dit net in verband met Israel gebruik word. Jakob was die vader van die twaalf aartsvaders (Hand. 7:8). Uit hulle het die twaalf stamme van Israel gekom. Hierdie stamme het twaalf “owerstes van hulle voorvaderlike stamme” (Num 1:16) gehad. Selfs toe Israel deur konings geregeer is, het hulle owerstes gehad wat oor elk van die twaalf stamme van Israel geregeer het (1 Kron. 27:22).

Hierdie reëling het natuurlik met die ballingskap verval, maar nou was die langverwagte Koning in hulle midde - Hy wat “die koningskap vir Israel weer [sou] oprig.” Hy het ook die “evangelie van die koninkryk” verkondig (Matt. 9:3 5) en sy twaalf owerstes gekies vir die twaalftrone oor Israel se twaalf stamme (Matt. 19:28).

4. Die twaalf is eers uitgestuur om aan te kondig dat die koninkryk van die hemele naby gekom het (Matt. 10:7; vgl. Dan. 2:44) en het later die koninkryk vir Israel aangebied sodat hulle dit aan die hele wêreld kon uitdra (Hand. 1:6-8 en 3:19-26).

5. Aan hulle is krag verleen om wonderwerke te verrig (Matt. 10:8; vgl. Mark. 16:17,18).

6. Hulle bediening is op die verbonde en profesie gebaseer (Jes.60:1-3; Luk. 1:70-75 en Hand. 3:22-26).

7. Daarom is hulle eers na die Jode gestuur en het hulle verwag dat die heidene deur ‘n verloste Israel bereik sou word (Matt. 10:5,6; Luk. 24:47 en Hand. 3:25,26).

8. Hulle het slegs in Palestina gearbei (Hand. 10:39; 2 1:17-20).

9. In hulle boodskap en bediening het hulle verwag dat Israel Christus as Koning sou aanvaar en dat Hy as Heerser sou terugkeer. Dit was die doel van hulle arbeid, hoop en gebede (Hand. 1:11; 3:19-21).

10. In die “groot opdrag” aan die twaalf was die waterdoop tot vergifnis van sonde ‘n vereiste, terwyl wonderwerke as die getuienis van redding sou dien (Mark. 16:15-18 en Hand. 2:38).

DIE APOSTEL PAULUS

U word sterk aangeraai om tyd te neem en die voorafgaande met die ooreenstemmende nommer in die bediening van Paulus te vergelyk:

1. Anders as die twaalf, is Paulus deur Christus in die hemel gekies (Hand. 9:3-5 en 26:16).

2. Hy het Christus slegs in die hemel geken en het Hom nooit tydens sy aardse bediening gesien nie (Hand. 26:16 en 1 Kor. 15:8).

3. Paulus verteenwoordig as een persoon die liggaam van Christus. Terwyl die getal twaalf nooit met die liggaam van Christus verbind word nie, staan “een” wel dikwels daarmee in verband:

i. “So is ons almal saam een liggaam in Christus” (Rom. 12:5);
ii. “want ons is ook almal deur een Gees gedoop tot een liggaam” (1Kor. 12:13) en
iii. “dit is een liggaam, een (Ef. 4:4, ens.).

Die liggaam is verder saamgestel uit vyande wat met God versoen is deur die dood van sy Seun (Kol. 1:21,22). Paulus is self die perfekte voorbeeld hiervan!

Paulus was verder beide ‘n Hebreër en ‘n Romein. Hy was in murg en been ‘n gebore Hebreër (Fil. 3:5,6). Tog was hy ook in alle opsigte ‘n ware Romein.

Toe die regters van Flippie laat weet het dat Paulus en Silas vrygelaat moet word, het Paulus geweier om te gaan en het gesê:

“Hulle het ons in die openbaar onveroordeeld geslaan, ons wat Romeinse burgers is en ons in die gevangenis gewerp en wil hulle ons nou in die geheim uitwerp? Volstrek nie! Laat hulle self kom en ons uitlei” (Hand. 16:37).

Hier het hulle ‘n verskoning van die Romeinse regters geëis en let op: die regters het “gekom en hulle gesmeek en uitgelei” (vers 39)!

Later in Jerusalem, toe hulle Paulus met rieme uitgerek het om gegesel te word, het Paulus die hoofman oor honderd gevra: “Is dit u geoorloof om ‘n Romeinse burger, en dit onveroordeeld, te gesel?” (Hand. 22:25).

Toe hierdie vraag aan die hoofman oor duisend oorgedra is, het hy beveel dat die verrigtinge gestaak moes word en het hy skielik vriendelik teenoor Paulus opgetree en verduidelik dat dit hom ‘n groot som geld gekos het om Romeinse burgerskap te verkry:

“Toe sê die owerste oor duisend: Ek het hierdie burgerreg vir ‘n groot som geld verkry! En Paulus sê vir hom: Maar ek het dit deur geboorte” (vers 28).

Daardeur het sy voornemende ondersoekers dadelik opgehou, want hulle wou nie by die Romeinse owerhede in die moeilikheid beland nie. Die owerste oor duisend het ook gevrees omdat hy “hom geboei het” terwyl Paulus ‘n Romeinse burger was (vers 29).

Paulus was ‘n burger van Tarsus, ‘n beroemde stad in Cilicië (Hand. 2 1:39). Sy status as Romein was sodanig dat hy hom op die keiser kon beroep (Hand. 25:10-12).

Waarom sou die Heilige Gees die feit van Paulus se Romeinse, sowel as sy Hebreeuse burgerskap, so beklemtoon? Eenvoudig net omdat hy ‘n versoende Jood en Romein in een persoon was. Hy het die liggaam van Christus, die Kerk van hierdie bedeling, verteenwoordig wat uit Jode en heidene bestaan wat in een liggaam met God deur die kruis versoen is (Ef. 2:16).

4. Paulus is gestuur om “die evangelie van die genade van God” te verkondig (Hand. 20:24 en Ef. 3:1-3). Hy bevestig dat Jesus die Messias van die Jode is, maar kondig nooit aan dat die koninkryk naby gekom het nie en bied nooit die koninkryk vir Israel aan nie. Ook het die twaalf tot daardie tydstip nooit die evangelie van die genade van God verkondig nie.

5. Paulus het aanvanklik “die kentekens van ‘n apostel” vertoon, maar sy krag om wondertekens te bewerk, is later met die oog op sy unieke Godgegewe boodskap teruggetrek (Rom. 8:22,23; 1 Kor. 13:8-13; 2 Kor. 4:16; 5:1-4; 12:7-10; Fil. 2:26,27; 1 Tim. 5:23 en 2 Tim. 4:20).

6. Paulus se boodskap was nie op verbondsbeloftes of profesie gegrond nie, maar uitsluitlik op die genade van God (Rom. 3:21-28 en Ef. 1:7; 2:7). Dit was ‘n verborgenheid wat tot op daardie tydstip nog geheim gehou is (Rom. 16:25 en Ef. 3:1-3) en geleidelik aan en deur hom geopenbaar is (Hand. 26:16; 22:17,18 en 2 Kor. 12:1-7).

7. In sy boodskap staan Jood en heiden op dieselfde grondslag voor God (Rom. 3:22,23 en 10: 12,13).

8. Paulus se hoofbediening was onder die heidene (Rom. 11:13 en Ef.3:1,2). Toe hy in Jerusalem wou preek, het die Here hom nie toegelaat nie en gesê: “Gaan heen, want Ek sal jou ver wegstuur na die heidene” (Hand. 22:2 1).

9. Met die roeping van Paulus is Israel in ongehoorsaamheid ingesluit. Die Here het Self vir Paulus gesê: “Hulle sal jou getuienis aangaande My nie aanneem nie” (Hand. 22:18).

Paulus se boodskap is, anders as die van die twaalf, gebaseer op Israel se verwerping van Christus en Sy huidige (fisiese) afwesigheid van die aarde (Ef. 1:18-2:7; Fil. 2:9; Kol. 3:1-3 en Heb. 2:8,9).

10. Nog die waterdoop, nog wondertekens was by Paulus se uitsonderlike bediening ingesluit en het niks met saligheid in sy bediening te make nie. Dit is wel waar dat Paulus aan die begin tog ‘n paar mense gedoop het; dat hy ten minste een persoon besny het; dat hy “die kentekens van ‘n apostel” gehad het, maar dit was deel van die ekonomie waaronder hy gered was en waaruit hy geleidelik wegbeweeg het. Verder het hy pertinent gemeld dat by nie die besnydenis verkondig nie (Gal. 5:11); nie gestuur is om te doop nie (1 Kor. 1:17) en dat die wondertekens waaroor hy beskik het, sou verdwyn (1 Kor. 13:8-10).

Om nou terug te keer na die vraag heel bo. Nee, Paulus moes nie in Matthias se plek gekies gewees het nie. Paulus kon nie deel van die 12 gewees het nie. Die 12 het slegs Israel verteenwoordig terwyl Paulus as 'n Romein-Jood alle mense verteenwoordeig. Paulus bedien die liggaam van Christus en die 12 bedien Israel. Paulus ken Jesus Christus slegs in sy hemelse gestalte terwyl die 12 Hom slegs op aarde geken het.





|Kopkrapper| |Terug na BybelGlo.com| |Doodsonde| |Woede| |God se wil| |Fondament| |Verlossing: Toe en nou| |Doop in 1Petr. 3:21| |So tree God tussenbeide| |Rol van engele| |Toegewyde gebed| |Paulus of Matthias?| |1 Kor.7:19 en Fil.4:19| |Skaduwees| |Vergewe mekaar| |Intog in Jerusalem| |Konflik| |Reuse - Gen. 6:4| |Liggaam en bruid| |Opstanding| |Nuwe waarheid| |Die losser van Rut| |Huwelik| |Joh-se-doop| |Burgerskap en hoop| |Vervangingsteologie| |Maar-nou| |Gees vervulling| |Wat is die wegraping?| |Kerk en wegraping| |1 Thess. 4:13-18| |1 Tim. 3:16| |Hemelvaart| |Moses slaan die rots| |Almal gered| |Gawe van geloof| |Regverdiging|